Radio Laeveld

com.ndxbroadcast.radiolaeveld

View detailed information for Radio Laeveld — ratings, download counts, screenshots, pricing and developer details. See integrated SDKs and related technical data.

Total installs
1.2K(1,255)
Rating
unknown
Released
March 12, 2020
Last updated
January 1, 1970
Category
Music & Audio
Developer
DSNet - Digital Solutions Network
Developer details
Name
DSNet - Digital Solutions Network
E-mail
ontvangs@radiolaeveld.co.za
Website
unknown
Country
South Africa
Address
unknown
Android SDKs
  • No items.
Radio Laeveld Header - AppWisp.com

Screenshots

Radio Laeveld Screenshot 1 - AppWisp.com
Radio Laeveld Screenshot 2 - AppWisp.com
Radio Laeveld Screenshot 3 - AppWisp.com

Description

Radio Laeveld het op 1 Maart 2003 vir die eerste keer ‘n vier jaar Gemeenskap Radio Uitsaailisensie ontvang om in die Laeveld op 100.5FM (die voormalige frekwensie van Radio Pretoria, nou Pretoria FM uit te saai). Die eerste uitsendings het op Op 31 Mei 2003 begin.

Deur die jare het Radio Laeveld verskeie nuwe baadjies aangetrek en staan vandag as 100.5FM Radio Laeveld bekend. ‘n Verskeidenheid van programme dek alle belangstellings van ons luisteraars in die Laeveld en is daagliks interaktief betrokke in die gemeenskap.

Ons uitsaaigebied dek Nelspruit, Witrivier, Graskop, Sabie Lydenburg, Malelaan, Baberton en omliggende dorpe soos Kaapsehoop, Kaapmuiden, Hectorspruit, Komatipoort, Skukuza, Hazyview en meer in.

Die teiken ouderdomsgroep is 35-55 (LSM 6-10) en sluit boere, kantoorwerkers, reisigers, verteenwoordigers, Klein- en -Medium besigheid eienaars en bestuurders, onderwysers, dokters, sport en buiteluglewe entoesiaste onder andere in.

Ons programme fokus op familie waardes met spesifieke fokus op gemeenskapsake.

Alhoewel ons hoofsaaklik in Afrikaans uitsaai verwelkom ons graag Engelse onderhoude en program inhoud.

Visie:
Ons visie is om die mees gerespekteerde en dinamiese gemeenskapsradiostasie in Suid Afrika te word.

Missie:
Ons missie is om die Christelike afrikaansprekende gemeenskap in ons kontrei met passie te vermaak, in te lig en te dien.

Ons waardes:
Ingelig, Innoverend,Inspirerend,Opreg,Entoesiasties.